Inflasie (kosmologie)

Vir die voortdurende uitdying van die heelal, sien Uitdying van die heelal.
Die diagram wys die chronologie van die heelal.

In kosmologie beteken kosmiese inflasie die barstende uitsetting van die heelal van 10−36 sekondes ná die Oerknal tot tussen 10−33 en 10−32 sekondes. Ná hierdie tydperk van inflasie het die heelal bly uitdy, maar teen ’n stadiger tempo.[1]

Die inflasieteorie is in die 1980's ontwikkel deur die fisici Alan Guth en Andrei Linde.[2] Dit verduidelik die oorsprong van die grootskaalse struktuur van die kosmos.

Volgens die algemene relatiwiteitsteorie het die hele heelal ontstaan uit een baie klein punt, of singulariteit. Dit het plaasgevind in die Planck-tydperk (tot 10-43 sekonde ná die Oerknal). In die daaropvolgende tydperk, die groot verenigingstydperk (tussen 10-43 en 10-36 sekonde),[3] het die swaartekrag afgeskei van die ander drie basiese natuurkragte (sterk kernkrag, elektromagnetiese krag en swak kernkrag). In die kwarktydperk (van 10-12 tot 10-6 sekonde) het die heelal afgekoel tot onder 10 biljard grade C en het die vier natuurkragte hul huidige vorm aangeneem.

Daar word aangeneem die heelal het teen dié tyd met minstens ’n faktor 1026 uitgesit. Daarna het dit bly groei volgens die Oerknal-teorie, soos beskryf deur die Friedmann-vergelykings, vanweë die toestandverandering van ’n skalaarveld met ’n uiters plat potensiaal.

  1. Discovery Science, How the Universe Works 3, First Second of the Big Bang, 2014.
  2. Peebles, P.J.E. (1993). Principles of Physical Cosmology. Princeton University Press. ISBN 0-691-01933-9
  3. B. Ryden (2003) – Introduction to Cosmology, Addison-Wesley, p. 196

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search